Petisie om die Afrikaanse Taalmonument se naam te behou!

Onderteken hierdie petisie om die naam van die Afrikaanse Taalmonument te behou.

Na ‘n hewige stryd deur die DA, is die ANC-regering onlangs gedwing om die waarheid te erken dat Afrikaans wel ‘n inheemse Afrikataal is. Hierdie deurbraak is egter byna onmiddellik ontsier deur die nuus dat die ANC Minister van Sport, Kuns en Kultuur, Nathi Mthethwa, daarop aandring dat Afrikaans verwyder moet word uit die naam van die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl.

Die absurde en roekelose voorstel om Afrikaans te verwyder uit ‘n monument wat juis opgerig is as ‘n viering van die invloede van dwarsoor Afrika en die wêreld wat gelei het tot die totstandkoming van hierdie unieke taal, kom neer op ‘n growwe aanval op Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners – en veral op die Afrikaanssprekende meerderheid in die Wes-Kaap, waar die Taalmonument geleë is.

Die DA doen ‘n dringende beroep op die bestuur van die Afrikaanse Taalmonument om nie die knie te buig voor die waansin van Nathi Mthethwa en die ANC nie. Eerder as om monumente van hul betekenis te stroop en ons diversiteit te probeer aanval, behoort Suid-Afrika se ryk en diverse taalerfenis gekoester en beskerm te word.

As jy met ons saamstem, onderteken asseblief hierdie petisie.

Op 28 Mei 2022 vind daar ‘n openbare vergadering in die Paarl plaas, waar die publiek gevra sal word om insette te lewer. By hierdie vergadering sal die DA hierdie petisie – en jou stem – direk aan die bestuur van die Afrikaanse Taalmonument oorhandig met die duidelike boodskap: behou die naam van die Afrikaanse Taalmonument!

10499 Ondersteuners

9501 om 20000 ondersteuners te behaal