Petisie aan Universiteit van Stellenbosch om Afrikaans gelyk te maak met Engels

Teken die DA se petisie aan die Universiteit van Stellenbosch (US) om die US se taalbeleid te hersien om ‘n regverdige taalbedeling tot stand te bring wat aan Afrikaans en Engels gelyke status waarborg as primêre tale van onderrig, leer en leef in alle ruimtes van die universiteit.

Click here to view this petition in English

Weens ons toewyding aan die taalregte en ander menseregte soos vervat in ons land se Grondwet, en weens ons diepe kommer oor die uitsluiting van miljoene behoeftige Afrikaanssprekendes van hoër onderwys, eis ons dat:

  1. Die eerste konsep van die nuwe taalbeleid van Maart 2021 onomwonde verwerp word omdat dit Afrikaanse studente selfs verder gaan uitsluit. Die US behoort die proses om die taalbeleid te hersien van voor af te begin deur onmiddellik ‘n openbare konferensie te reël waar alle belanghebbendes ‘n geleentheid gebied word om die tekortkominge van die 2016 taalbeleid te bespreek met die oog op ‘n nuwe taalbeleid wat ‘n gelyke plek aan Afrikaans sal waarborg;
  2. Enige nuwe taalbeleid ‘n regverdige taalbedeling tot stand te bring wat aan Afrikaans en Engels gelyke status waarborg as primêre tale van onderrig, leer en leef in alle ruimtes – insluitend aanlyn ruimtes – van die universiteit;
  3. Indien die universiteit bekommerd is oor die kostes hieraan verbonde, die universiteit ‘n omvattende en onafhanklike oudit laat doen oor die kostes verbonde daaraan om gelyke status te waarborg aan Afrikaans, die uitslae van die oudit openbaar maak, en aan skenkers, die privaatsektor en die breër gemeenskap die geleentheid bied om ‘n gedeelte van die kostes te finansier;
  4. Die US die moontlikhede wat gebied word deur moderne digitale tegnologieë, waaronder aanlyn hulpmiddels en “spraak-na-teks” tegnologie, ten volle benut om akkurate vertaling tussen verskillende tale te verseker;
  5. Gegewe die wyse waarop die Afrikaanse aanbod in die leer en leefruimtes van die universiteit afgeskaal is oor die afgelope jare, die universiteit se nuwe taalbeleid uitdruklik onderneem om die Afrikaanse aanbod opwaarts aan te pas om volle toegang te verseker aan alle verdienstelike voornemende studente wat verkies om in Afrikaans te studeer terwyl volle toegang vir Engelssprekende studente gehandhaaf word;
  6. Die nuwe taalbeleid die universiteit daadwerklik daartoe verbind om finansiële sowel as praktiese ondersteuning te verskaf aan leerders in Afrikaanse skole in laer inkomste gebiede, met die doel om ‘n pyplyn te bou wat Afrikaanssprekende studente uit hierdie skole na die US bring en sodoende die deelname en slaagsyfer van behoeftige Afrikaanssprekende studente aan die US dramaties verhoog.

Let wel: elke handtekening op hierdie petisie dui ook op ‘n persoon wat die onderstaande kommentaar op die US se konseptaalbeleid van Maart 2021 indien. Die DA sal die kommentaar, tesame met die lys van alle persone wat dit ondersteun, direk aan die US indien.

Kliek hier om die volle petisie te lees.

5376 Ondersteuners

14624 om 20000 ondersteuners te behaal