Petisie om te keer dat IMF Koronavirus-noodlening diskrimineer

Teken hierdie petisie om te verseker dat die Internasionale Monetêre Fonds (IMF), wat die R500 miljard-befondsing vir die Kornavirus-hulpfonds sal bied, instruksies uitreik dat IMF-fondse nie op enige manier gebruik mag word om te diskrimineer deur BBSEB-status, ras, geslag of ouderdom as kriteria toe te pas vir hulpverlening nie.

Nadat ons hofstukke geliasseer het in die Hooggeregshof om dringend ʼn stokkie te steek voor die gebruik van BBSEB-status, ras, geslag of ouderdom  vir hulpverlening, het ons ook die bron van meeste van die hulpfonds-geld, die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) genader.

Aangesien die meerderheid van die geld in die hulpfondse verkry word uit ʼn lening van die IMF, het die DA hierdie internasionale liggaam versoek om die optrede van ons regering te veroordeel en opdrag te gee wat die gebruik van IMF geld op ʼn diskriminerende wyse te verbied.

Nadat ons hofstukke ingedien het in die Hooggeregshof om dringend ʼn stokkie te steek voor die gebruik van BBSEB-status, ras, geslag of ouderdom vir hulpverlening, het ons ook die bron van meeste van die hulpfonds-geld, die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) genader.

Aangesien die meerderheid van die geld in die hulpfondse verkry sal word uit ʼn lening van die IMF, het die DA hierdie internasionale liggaam versoek om die optrede van ons regering te veroordeel en instruksies uit te reik wat die gebruik van IMF-geld op ʼn diskriminerende wyse verbied.

Ons sal nie sulke onetiese gedrag duld nie!

Die ANC se besluit om hierdie geld slegs vir hulpverlening aan besighede wat voldoen BBSEB-stadaarde aan te wend, in hierdie tyd van nasionale ekonomiese krisis, is verkeerd. Die virus diskrimineer nie op grond van ras of geslag nie, en dit is onverdedigbaar dat die regering op hierdie wyse diskrimineer wanneer hulle besluite neem oor wie hul hulp verdien of nie verdien nie.

Of ʼn besigheidseienaar swart of wit, manlik of vroulik is, het geen uitwerking op die werkers wat hierdeur geraak word nie!

Besighede wat besit word deur wit eienaars het ook swart werknemers, wat families het om te onderhou. Deur lewensbelangrike staatshulp te weerhou van hierdie besighede word lyding nie net veroorsaak vir die eienaars nie maar ook vir hierdie families, wat sonder hulp sal wees indien die besigheid misluk.

Teken nou hierdie petisie wat ʼn beroep doen op die IMF om op te tree en die Suid-Afrikaanse regering opdrag te gee om NIE IMF-lenings te gebruik op ʼn wyse wat diskrimineer nie.

Ons moet saam staan om soveel lewens sowel as lewensmiddele in hierdie Koronavirus pandemie te red.

Teken die petisie.

6613 Ondersteuners

73387 om 80000 ondersteuners te behaal